Hoe kan skuldberading jou help?
- Zelda Erasmus _ Debt Counsellor
- Feb 13, 2017
- 2 min read
Hierdie is 'n vraag wat meeste mense hulself vra. Kom ons begin deur te verduidelik wat skuldberading behels voor ons die voordele van skuldberading gee.
Skuldberading is ingestel deur die NCR - Nationale Krediet Reguleerder om verbruikers te help wat te veel skuld het. Nou hoe het iemand te veel skuld? Te veel skuld is as jou uitgawes meer is as jou inkomste. Ons vind hierdie meer in die kusdorpe soos Mosselbaai, George, Knysna en selfs in die Kaap. Met inflasie wat vinniger styg as wat die salarisse in die Weskaap styg, raak verbruikers baie vinniger agter met betalings van skuld. Skuldberading word deur 'n geregistreerde skuldberader gedoen. Die skuldberader sal eerstens 'n konsultasie met die verbruiker hê om te bepaal of die verbruiker te veel skuld het en kwalifiseer om op skuld verligting aan te gaan. Skuldberading is egter nie 'n lenings maatskappy nie en betaal nie al jou skuld vir jou nie. Inteendeel dit help nie om nuwe skuld te maak om ou skuld te betaal nie. Wat Skuld berading wel is, is 'n afbetalings struktuur. Die skuldberader sal namens jou met die krediteure onderhandel om jou paaiemente en rente af te bring tot 'n begroting wat almal pas.
Nou kom ons by die voordele van skuldberading. Skuldberading is 'n rehabilitasie program om jou skuldvry te kry sonder dat jy 'n slegte krediet rekord op jou naam kry. Dit leer jou ook om volgens 'n vaste begroting te werk. Die proses beskerm jou teen enige stappe wat jou krediteure teen jou wil neem of instel. Jy betaal een paaiement per maand teen'n laer rente. Jy is verseker dat al jou rekeninge betaal word en dat jy genoeg kapitaal het vir lewenskoste.
Skuldberading kan jou redding wees. Geen oproepe wat jy hoef te vermy nie en geen verdere bekommernis oor hoe jy jou rekeninge gaan betaal nie. Maandelikse state word gestuur na jou sodat jy die heeltyd kan sien hoe uitstaande belanse betaal word en verminder.
Kontak ons vandag nog met jou Skuld vrae - 082 369 2651

Comments